top of page

Bedieninge

Die Woord van God word bedien aan verskillende mense van elke ouderdomsgroep!

PREDIKING

Luister na vorige preke.

BYBELSTUDIE

Ons bestudeer tans die boek van Markus op Dinsdae-aande om 19:15.

HAND. 1:8 UITREIK-KOMMISSIE

Die doel van hierdie kommissie is om die Evangelie uit te dra in Jerusalem (Kleinmond), Judea (Overberg), Samaria (Suid-Afrika) en die uithoeke van die wêreld (oorseese sending).

SUSTERS

Die vrouebediening van die susters is gemik op die geestelike opbou van ons gemeente en die wyer gemeenskap.   

KINDERS

Ons bied katkisasieklasse aan vir laerskoolkinders direk na afloop van die erediens. Daar is 'n ouer groep en 'n jonger groep.

JEUG

Die gemeente se hoërskoolkinders kom op 'n Sondagmiddag om 17:00 by die pastorie bymekaar. Hulle werk tans deur 'n oorsig oor die Bybel.

VROUE LEESKRING

Ons doel met die vroue leeskring is om reformatoriese, Bybelse leesstof te behandel met die oog daarop om ons dames toe te rus om hul gesinne te kan dien.

HUISBESOEK

Ons prioritiseer huisbesoek as 'n manier om die Woord van God op 'n persoonlike wyse aan huisgesinne te bedien. 

bottom of page