
Kom aanbid die Here saam met ons - Sondae om 09:30

Gereformeerde Kerk Kleinmond
Vroue Leeskring
Ons behandel Reformatoriese, Christelike leesstof met die oog daarop om in ons verhouding met die Here te verdiep, om onsself vir ons roeping as vrouens toe te rus, en om mekaar op hierdie pelgrimsreis te bemoedig. Die doel is dat die Christelike boeke ons na die Skrif toe sal dryf, sodat ons ook ons Bybels goed sal ken
Van April 2025 tot Junie 2025 bespreek ons Christelike Advies uit die Pen van John Newton. Dit is 'n versameling van briewe deur John Newton. John Newton was ‘n slawehandelaar voordat hy tot bekering gekom het. Hy was ‘n begaafde predikant maar was mees bekend vir sy briewe-bediening. Hierdie is die heel eerste Afrikaanse vertaling van sy briewe (in Suid-Afrika), en dit is nog nie beskikbaar buite GK Kleinmond nie!
