
Kom aanbid die Here saam met ons - Sondae om 09:30

Gereformeerde Kerk Kleinmond
Hand.1:8 Uitreikkommissie
GK Kleinmond se “Handelinge 1:8 Uitreikkomissie” bou op die Here se opdrag in Matt. 28:19, “gaan en maak dissipels van al die nasies.” Ten einde hierdie opdrag te gehoorsaam, wil ons ook ons werk op ‘n Bybelse model skoei, en volg dus die patroon van Hand. 1:8: “julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld”. As komissie het ons dus ons betrokkenheid in Jerusalem (Kleinmond), Judea (Overberg), Samaria (Suid-Afrika) en die uithoeke van die wêreld (oorseese sending) geïdentifiseer. Ons bedienings-portefeulje is as volg:
Jeugbediening
Eenmal per maand kom die jeug - en hulle maats - bymekaar vir 'n jeugaand by die kerkgebou. Dit is 'n tyd van gesellige samesyn en lekker speletjies, maar die fokus van elke samekoms is die kort praatjie wat aangebied word (bv., Hoe weet ons die Bybel is waar? Wat sê die Bybel oor selfde-geslag verhoudings? Is evolusie waar?).
Sopkombuis
Meer inligting volg later.
Kindersorg Kleinmond
Meer inligting volg later.
Handevatmusiek-bediening
Meer inligting volg later.
Harvesters Ministries
Harvesters is 'n internasionale sendingorganisasie wat kerkplanting en dissipelskap as hul hooffokus het. Verdere inligting volg later.
Crossroads Prison Ministries
Crossroad Prison Ministry (CMP) ontstaan in VSA 1984, met die doel om die evangelie by die verlore skape, hulle wat honger na geestelike voedsel, te bring.
CPM is in 28 lande wêreld wyd besig om hoop aan mense in gevangenisse, deur reformatoriese bybelstudies kursusse, te bring. Vrywillige mentors (anoniem) lei studente deur die nasien van werksopdragte. Koeriers (missie werkers) besoek die gevangenisse in die tronke, waar oordenkings in persoon gehou word.
Die eerste satelite kantoor in SA is in 2011 in Pretoria, en die Wes-Kaap sedert 2019, begin. Onlangse syfers van DKD is (2022) daar ± 157 600 gevangenisse in ons tronke. Sommige van hierdie mense kom vir die eerste keer, vanuit ‘n baie slegte plek, met die evangelie, die goeie Boodskap, in aanraking.
Die oes is groot die arbeiders min, (Mat 9:37-38) Hier in ons geweste is daar 9 gevangenisse, 403 aktiewe studente, 134 Mentors en 8 Koeriers. Daar is ‘n groot tekort aan mentors, met ‘n bykomende ± 68 mentors is die verhouding 2:1, wat ideaal is.
In ons gemeente is daar tans 4 mentors betrokke en die geestelike verryking hieruit werk na albei kante (student & mentor) Dink daaraan om betrokke te raak. Dink in julle gebede aan die gevangenisse, dat tronkdeure nie hierdie werk van die Heilige Gees kan stuit nie!
Tswana-bediening
Verdere inligting volg later.
Degnos(Diens en getuienis-noordoosstreek)
Degnos is ‘n sendingorganisasie werksaam onder die vier San/Boesmangroepe in die noordooste van Namibië. Die goeie nuus van die evangelie word deur woord en daad versprei. Onafhanklike gemeentes word bygestaan, kerkleiers word opgelei, en armoede word aangespreek.
Verskillende projekte:
-
Landboubystand
-
Kerkplanting in 140 nedersettings
-
Gemeente-ontwikkeling
-
Vroeë kinderontwikkeling
Die skakelpersoon is Andries Gous van Grootfontein. Hoe ons betrokke kan raak:
-
Gebed
-
Skenkings
-
Besoeke en/of bemoediging aan sendelinge
Oekraïne
Reni is ‘n hawedorpie in die suide van Oekraïne langs die Donaurivier en aan die grens van
Roemenië. Die mense van Reni is baie arm, gesinne is gewoonlik disfunksioneel en verslawing aan drank en dwelms is algemeen. Ockert en Michele Potgieter is 28 jaar gelede na hierdie dorpie geroep om die evangelie te gaan verkondig. (Daar was, voor hulle gegaan het, ‘n Pinkster en Baptiste kerk wat agv vervolging onder Kommunisme ondergronds gefunksioneer het. Die gemeentelede van hierdie kerke het na die val
van die ystergordyn vlugtelingstatus verkry en het hoofsaaklik Amerika toe geëmigreer.) Hulle het die Svet Miru (Lig vir die wêreld) gemeente begin. Hul hoofdoel is om onbereikte mense na die Here Jesus te lei. Persoonlike terugslae was daar baie: ‘n aanval deur die plaaslike mafia, KGB intimidasie, en ook verloëning deur medechristene. Gedurende 2021 het hulle in Suid Afrika vakansie gehou toe Ockert Covid opgedoen het en oorlede is. Tans is hulle enigste dogter (Mari-Alena) onder chemobehandeling vir ‘n ernstige vorm van kanker. Nadat Ockert oorlede is, was Michele oortuig dat sy moet voortgaan met die werk in Reni. Twee weke na haar terugkoms, het die oorlog uitgebreek en baie vlugtelinge het op die dorp toegesak, op pad na Romenië. Die gemeente het aan duisende van hulle voedsel verskaf en hulle versorg. Hierdie bediening gaan steeds voort. Verskillende bedieninge wat uit die gemeente ontstaan het, is:
​
-
Raduga : Kindersentrum wat voedsel en sorg aan kleiner kinders verskaf.
-
(Teenaborsiesentrum)2. Gateway to life sentrum: Bystand aan jong moeders en bewaring van die lewe van kinders.
-
Die ark : Skuiling vir kinders in nood.
-
Light Café : Koffiewinkel
-
Masada jeugkamp eenkeer per jaar.
-
Love Reni-projek : 10 dae per jaar help die gemeente om die dorp op te knap in
samewerking met die burgemeester en die skole
Hoe ons betrokke kan raak:
-
Gebed
-
Skenkings
-
Bemoedigingsboodskappe
Gebedspan
Bid saam met ons vir die belangrike werk om die Evangelie in Jerusalem, Judea, Samaria en die uithoeke van die aarde uit te dra!