Kom aanbid die Here saam met ons - Sondae om 09:30

Gereformeerde Kerk Kleinmond
Belydenis van Atanasius
-
Vir elkeen wat salig wil word, is dit in die eerste plek nodig dat hy die algemene geloof moet vashou.
-
As iemand dit nie heeltemal en ongeskonde bewaar nie, sal hy sonder twyfel vir ewig verlore gaan.
-
Die algemene geloof is: Ons moet die een God in die Drieheid en die Drieheid in die Eenheid eer;
-
sonder om die persone te vermeng of die wese te deel.
-
want die Persoon van die Vader is 'n ander, dié van die Seun is 'n ander, dié van die Heilige Gees is 'n ander.
-
Tig het die die Vader die Seun en Heilige Gees een Godheid, gelyke eer en gelyke ewige heerlikheid.
-
Soos die Vader is, so is ook die Seun en ook die Heilige Gees
-
Die Vader is ongeskape, Seun is ongeskape, en die Heilige Gees is ongeskape;
-
onmeetlik is Vader, onmeetlik is Seun, onmeetlik is die Heilige Gees
-
Die Vader is ewig, Seun is ewig, en die Heilige Gees is ewig.
-
Nogtans is daar nie drie ewiges nie maar een Ewige,
-
net so is daar nie drie ongeskapenes of dir onmeetlikes nie maar een Ongeskapene en een Onmeetlike.
-
Eweneers is die Vader almagtig, die Seun almagtig, en die Heilige Gees almagtig;
-
en tog is daar nie drie almagtiges nie maar een Almagtige.
-
So ook is die Vader God, die Seun God en die Heilige Gees God;
-
en tog is daar nie drie gode nie maar een God.
-
So ook is die Vader Here, die Seun Here een die Heilige Gees Here;
-
en tog is daar nie drie Heres nie maar een Here.
-
Want sos ons deur die Christelike waarheid gedwing word om elke Persoon afsonderlik God en Here te noem,
-
word ons ook deur die algemene geloof verbied om drie gode og heres te bely.
-
Die Vader is deur niemand gemaak of geskep of gegenereer nie;
-
die Seun is deur die Vader alleen nie gemaak of geskep nie, maar gegenereer;
-
die Heilige Gees is deur die Vader en die Seun nie gemaak of geskep of gegenereer nie maar gaan van Hulle uit.
-
So is daar een Vader, nie drie vaders nie, een Seun, nie drie seuns nie, een Heilige Gees, nie drie heilige geeste nie.
-
En in hierdie Drieheid is daar nie 'n eerste of 'n laaste nie, nie meeste of minste nie,
-
maat al drie Persone het gelyke ewigheid en is heeltemaal aan mekaar gelyk,
-
sodat in alle opsigte, soos hierbo gesê is, die Eenheid in die Drieheid en die Drieheid in die Eenheid geëer moet word.
-
Wie dus salig wil word, moet so oor die Drie-eenheid dink.
-
Maar vir die ewige saligheid is dit nodig dat hy getrou aan die menswording van ons Here Jesus Christus moet glo.
-
So is die opregte geloof dan: Ons glo en bely dan dat ons Here Jesus Christus, die Seun van God, tegelyketyd God én mens is.
-
Hy is God uit die Wese van die Vader, voor alle tye gegenereer, en mens uit die wese van sy moeder, in die tyd gebore;
-
volkome God, volkome mens met 'n redelike siel en menslike vlees;
-
na die Godheid aan die Vader gelyk, na die mensheid minder as die Vader.
-
En alhoewel Hy God en mens is, is Hy nogtans nie twee nie maar een Christus.
-
Hy is een, nie deur verandering van die Godheid in die vlees nie, maar deur die aanneming van die mensheid in God.
-
Hy is in alle opsigte een, nie deur vermenging van die wese nie maar deur die eenheid van die Persoon.
-
Want soos die redelike siel en die vlees een mens is, so is God en mens een Christus,
-
wat ter wille van ons saligheid gely het, na die hel neergedaal het, op die derde dag uit die dood opgestaan het,
-
na die hemel opgevaar het en aan die regterhand van God, die almagtige Vader, sit.
-
Daarvandaan sal hy kom om die lewendes en die dooies te oordeel.
-
By sy koms sal alle mense, met hulle liggame, opstaan
-
en van hulle eie werke rekenskap gee.
-
En die wat goed gedoen het, sal in die ewige lewe ingaan, maar die wat sonde gedoen het, in die ewige vuur.
-
Dit is die algemene geloof; en as iemand dit nie getrou en vas glo nie, sal hy nie salig word nie.